H-Invoeging Truuk

R130.00

Category:

Description

Hierdie hulpbron help met die oorgang van isolasie na woord-vlak wanneer niks anders wil werk nie. Dit help vir studente wat die teiken-klank kan bereik in isolasie, maar dan steeds die foutiewe klank daarna gebruik op woord-vlak. Die idee is om die gaping tussen die inisiële teiken-klank en die /h/-woord stelselmatig te verminder totdat dit natuurlik begin klink.

Die hulpbron bevat 48 teikenwoorde en die volgende klanke word gedek:

  • F/v-klank (hasie-klank)
  • G-klank (kwaai kat-klank)
  • K-klank (hoes-klank)
  • L-klank (lig-klank)
  • R-klank (motorfiets-klank)
  • S-klank (slang-klank)

Elke aparte hulpbron bevat 8 teiken-woorde wat op 2 verskillende maniere uitgebeeld word, beide in kleur en swart en wit.

Alle prente kom in ‘n weergawe waar assosiasie klanke gebruik word (soos bo genoem), maar ook in ‘n weergawe waar die gewone letter gebruik word.